Kantoorverskuiwings.
Laat ons
toe om u volgende kantoorverskuiwing te behartig. 'N Konsultant
is beskikbaar om u by te staan met die nodige advies.
Gespesialiseerde
verpakkingsmateriaal verseker dat die inhoud by u nuwe kantore
uitkom soos dit verpak is, gereed om gebruik te word. Reëlings
kan met u onderskeie diensverskaffers getref word om gespesialiseerde
toerusting soos fotokopieërders en swaar masjinerie te
verskuif.
Ons sal
kantoormeubels vir u uitmekaarhaal en weer by die nuwe bestemming
inmekaarsit, sodat u so gou moontlik met u besigheid kan voortgaan.
Meubels
en toerusting sal in die nodige verpakkingsmateriaal toegdraai
word om dit te beskem teen skade, vuilheid en klamheid.
Indien nodig
kan u trek so gereël word dat dit na-ure geskied. Sodoende
kan u en u personeel die volgende dag ongesteurd op die nuwe
perseel voortgaan met besigheid.
Gratis omvattende
versekering (Goods in Transit) deur Samtam beskerm u besittings
teen gebeurlikhede soos skade, brand, skaking, voertuigongelukke
ensovvorts tot 'n waarde van R400 000-00.